28 dae gelede
Army toe ’n nul
Gedump: Verbygangers kom gister in Delft op ’n man se lyk af.Foto: Melinda Stuurman  ~ 

DIE army was toe net vir die show.

Só sê inwoners van die Cape Flats, waar talle mense weer dié naweek vermoor is.

Gisteroggend het verbygangers die lyk van ’n onbekende man in Eindhoven, Delft, ontdek.

Die man is op die veld oorkant die taxi rank gevind.

Aanbidding

Na verneem word, is hy elders vermoor en daar gedump.

Die veld dien gereeld as ’n plek van aanbidding vir ’n groep kerkmense. Gisteroggend moes die aanbidders ander weivelde soek.

Ook in Hanover Park moes kerkgangers die kerk vermy.

Inwoners sê hulle moes in hulle huise laag lê weens ’n bende-oorlog wat die laaste tyd woed.

“Ons was so excited oor die army se koms. Maar hulle het net ’n show kom opsit en niks uitgerig nie,” het ’n inwoner gesê.

“Ek weet nie wat kan nog die plek regruk nie.”

In Mitchells Plain is twee mense Saterdag in twee voorvalle doodgeskiet.

  • ’n Meisie (19) van Tafelsig is een van die hulle.

Sy is Saterdagmiddag in Water­fallstraat na bewering per ongeluk in die kop geskiet toe haar boyfriend met sy gun gespeel het.

Hy het homself ook in die hand geskiet.

  • ’n Klong (19) van East­ridge is Saterdag in die oggendure vermoor.

Sers. Noloyiso Rwexana, ’n polisiewoordvoerder, sê die voorval het in Fidelio Crescent gebeur.

“Toe ons op die toneel kom, was die man reeds dood. Hy het veelvuldige skietwonde in die kop gehad.”

  • Woensdag is ’n 34-jarige man om en by 21:15 in Silvermyn Close­ doodgeskiet.

Niemand is nog in verband met die skietvoorvalle in hegtenis geneem nie.

  • Volgens Rwexana is ’n man (30) van Parkwood ook doodgeskiet.

Die skietvoorval het Saterdag 07:00 in Parkers Walk, Grassy Park, gebeur.

“Die man het ’n enkele kopwond gehad. Hy is op die toneel dood.”

Bendes

Die weermag is in Julie gepos na verskeie Kaapse woonbuurte, waar gangster­ism hoog loop.

Die soldate moes die polisie bystaan in die stryd teen bendes.

Hulle laaste dag op die Kaapse Vlakte is Woensdag.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters