7 dae gelede
Army word in Kaap losgelaat
misdaad: ’n Leser skryf oor Bheki Cele se uitsprake oor drug lords.Foto: adrian de kock/netwerk24  ~ 

DIE army gaan deel vorm van 'n polisie-operasie wat Vrydag in die bendegeteisterde gebiede van Kaapstad uitgevoer gaan word.

Bheki Cele, minister van polisie, het dié aankondiging aan die einde van sy begrotingsrede gemaak.

Cele sê ná verlede week, toe 13 mense binne 24 uur in Philippi doodgeskiet is, het hy en Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging, saam besluit "dit kan nie so aangaan nie".

Hulle het toe saam vir pres. Cyril Ramaphosa genader, wat die groen lig gegee het vir die weermag se ontplooiing.

Cele sê die skuif is nie omdat die DA so knaend daaroor was nie, maar omdat inwoners deur gemeenskapspolisieringforums daarvoor gevra het.

Kehla Sitole, die nasionale polisiekommisaris, het om 02:00 Vrydagoggend 'n groot aantal polisie- en metropolisielede uitgestuur.

News24 berig die army sal omstreeks Vrydagmiddag 2uur na verskeie gebiede ontplooi word.

Die 10 areas wat geidentifiseer is sluit in: Bishop Lavis, Delft, Elsiesrivier, Khayelitsha, Kraaifontein, Manenberg, Mfuleni, Mitchells Plein, Nyanga en Philippi. 

Cele sê hulle gaan hul "regular customers" soek, insluitend mense wat uit op borgtog is.

Hy sê die army is net daar om seker te maak nie te veel mense sterf nie.

Hul ontplooiing is vir drie maande en kan nie hernu word nie.

"Ná dit moet daar stability wees," se hy. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters