7 dae gelede
Army een van die planne teen taxigeweld
Premier Alan Winde vra vir bykomende SANW-lede op die grond om die veiligheid van pendelaars te verseker.  ~ ter illustrasie

DIE WES-KAAPSE regering doen alles moontlik om seker te maak pendelaars reis veilig.

Alan Winde, premier van die provinsie, sê: "Verlede week is 'n troep soldate in die Wes-Kaap ontplooi as deel van die landwye reaksie op die onluste.

"Ek sal nou amptelik versoek dat die mag verskerp word met nog voete op die grond, om die polisie te ondersteun in hul werk met die taxigeweld."

Winde noem ook: "Ons kan nie toelaat dat 'n groep thugs voortgaan om die lewens van ons inwoners te bedreig nie."

Die army is maar een van die maatreëls wat ingestel word.

In 'n persverklaring noem Winde afgesien van die verskerping in polisiering is daar ook 'n paar ander stappe wat gevolg word om die dispuut tussen Cata en Codeta op te los.

Verlede week is 'n kennisgewing gepubliseer van die Wes-Kaapse minister van vervoer, Daylin Mitchell, se voorneme om roetes en taxiranks toe te maak. 'n Besluit hieroor sal binnekort geneem word.

Tans word daar ook oorweeg om die Wes-Kaapse hooggeregshof te nader om Santaco-verenigings onder administrasie te plaas.

Die provinsiale departement het reeds die finansiële ondersteuning aan Santaco opgeskort, asook die Blue Dot incentive betalings aan Cata en Codeta.

Voorbereiding word ook getref om die hooggeregshof te nader vir 'n bevel dat moederliggame soos Cata en Codeta, nes Santaco Wes-Kaap, tot 'n spesifieke geografiese-gebied beperk te word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters