Verlede maand
Antie se ID spook nou by familie
ID
Sarah Fortune het sonder haar eie identitei afgesterf  ~ Foto ter illustrasie; Foto24id boek

ATLANTIS. – Die vrese van ’n bejaarde inwoner van Dura Park is toe bewaarheid.

Op 16 September het Son berig oor Sarah Fortuin (67), wat nie net haar volle name en geboortedag met iemand deel nie, maar ook haar ID-nommer.

Fortuin het laas Dinsdag in die Somerset-hospitaal afgesterf nadat sy Sondag in die Wesfleur-hospitaal toegelaat is.

Haar niggie Hazy Fortuin vertel: “Ons is ingelig om die begrafnisondernemer in kennis te stel om die dood te registreer.

“My ma-hulle was toe by die ondernemer en het laas Vrydag die doodsertifikaat ontvang.

“Antie Sally se dood is egter opgegee onder die naam Sarah Sass, nie Fortuin nie.

Komplikasies

“Ons het nou ’n probleem om die begrafnisgeld te claim omdat die doodsertifikaat verkeerdelik uitgereik is,” vertel Hazy.

Fortuin het voorheen aan Son vertel haar bekommernis is dat die gedupliseerde ID probleme kan veroorsaak as sy sou afsterf.

Volgens Hazy het haar tante ’n polis gehad, maar die familie wil eers die doodsertifikaat uitsorteer om enige komplikasies met die claim van die geld te vermy.

“Ons beplan om Saterdag die begrafnis te hou, so ons moet nou dié besigheid baie vinnig uitsort.”

Sy sê: “Die van Sass is nie bekend aan ons familie nie en antie Sally was nooit getroud nie, so ons weet nie waar dié van nou skielik vandaan kom nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters