2 maande gelede
Antics maak anties moerig
Melvin VolkwynFOTO Verskaf  ~ 

’N HAARKAPPER van Eersterivier moet nog ’n week in die selle deurbring voordat sy borgtogaansoek aangehoor word.

Melvin “Mel” Volkwyn is aangekla van die ontvoering van en moord op Orderick Lucas (22 maande), asook dwarsboming van die gereg.

Orderick was nege dae vermis toe sy lyk op 2 April in ’n drein gekry is.

Sy ma, Davideen Lucas, hou vol sy het die kind op 24 Maart in Volkwyn se sorg gelaat, soos sy al vantevore gedoen het.

Volkwyn is op 29 Maart vir ontvoering in hegtenis geneem. ’n Klag van moord is verlede week by sy klagstaat gevoeg.

Volkwyn was merkbaar teleurgesteld toe die staatsaanklaer in die saak, Nathan Adriaanse, die hof uitstel vra.

Volgens Adriaanse het hy tans te veel hooi op sy vurk om by hierdie saak uit te kom.

KYK storie uit: Buurtwaglede is ontevrede oor hoe Melvin Volkwyn se ondersteuners hulle buite die Blue Downs-hof gedra.Foto: Shantel Moses

Volkwyn se Legal Aid lawyer het nie die versoek teengestaan nie.

Buite die hof het sy ondersteuners gekla oor die borgtogaansoek stadig verloop.

Jonathan Alexander, Volkwyn se vriend, sê al word Volkwyn ook van moord aangekla, staan hy nog bankvas agter hom.

“Ek vertrou dat die Here sy werk gaan doen en dat die waarheid oor alles wel gaan uitkom.”

Alexander, wat in hoëhakskoene by die hof was, het gesê sodra die saak klaar is, gaan hy en Volkwyn die polisie aankla en hulle name skoon kry.

Sarah Langford, ’n lid van die Eersterivier-buurtwag, was ontevrede oor Volkwyn se supporters se gedrag buite die hof.

Sy het norserig gesê: “Dis ’n ernstige saak, dié. Iemand se kind is dood en hulle maak ’n sirkus van als.”

Orderick se ma en ouma het nie gister die hofverrigtinge bygewoon nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters