5 maande gelede
Anene Booysen moordenaar wil saak heropen
Anene Booysen. Foto: Argief  ~ 

JOHANNES KANA wie twee lewenslange vonnisse vir die moord en verkragting van Anene Booysen uitdien hou vol hy is onskuldig en wil nou hê die saak moet heropen word.

Booysen is op 2 Februarie 2013 op ‘n konstruksie-terrein in Bredasdorp gevind. Die 17-jarige wreed aangeval, oopgesny en verkrag. Sy is na die hospitaal geneem, maar later daardie dag dood.

Kana het erken hy het Booysen verkrag maar ontken dat hy enige aandeel in haar moord gehad het. Hy is in November 2013 skuldig bevind aan Booysen se se verkragting en moord en gevonnis.

EWN wie telefonies met Kana, wie in ‘n gevagenis in die Vrystaat is, gepraat het berig dat hy vol hou hy is op hoorsê skuldig bevind.

“Daar was geen DNA-bewyse nie, geen vingerafdrukke nie. So hoe is ek skuldig bevind wanneer daar niks is om die bevinding te ondersteyn nie.”

Destyds was daar ook gerugte dat daar twyfel bestaan oor Kana se skuld en die moontlikheid van ander moordenaars.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters