10 dae gelede
Anderste 1ste dag vir gr. R's
SLAGGEREED: Vir baie van Robertson se kleinspan was die eerste dag van skool ’n onvergeetlike oomblik.  ~ Basil Davids

ROBERTSON. – Hulle word gescan, gesanitise ... en dan is dit die swaar goodbye.

Dít is hoe die nuwe gr. R’s gisteroggend hul ma’s en pa’s by die onderskeie skole in die valley gegroet het.

Die meeste van die kleintjies was baie opgewonde.

Tog het ’n paar traantjies oor sommige se wangetjies gerol toe hul ouers hulle by die skoolhek weggesien het.

By die Laerskool Dagbreek is geen ouer op die skoolterrein toegelaat nie.

Toegepas

Ouers kon hul kids slegs tot by die skoolhek vergesel.

Die skoolhoof, Neville Padiachy, het selfs vir Son die hek gewys terwyl ons nog besig was om van die nuwe gr. R’s foto’s te neem.

Hier is streng Covid-19-maatreëls toegepas.

Jo-Dean Jeneke, ’n gr. R-leerder, was sommer baie opgewonde toe haar juffrou haar scan en haar hande spuit.

Jo-Dean het nie op haar laat wag nie en sommer onmiddellik in haar klas se ry haar staanplek gaan inneem.

Selfvertroue

Cleigh-Chee de Bruin kon nie wag om haar nuwe maatjies en juffrou te ontmoet nie.

Met selfvertroue het sy vir haar mammie goodbye gesê en by haar klasgroepie aangesluit.

By die Laerskool De Villiers was die eerstejaartjies ook net so opgewonde.

Juan Jacobs se mammie sê hy kon skaars die vorige aand slaap, so opgewonde was hy.

Jayden du Preez se daddy vertel sy mannetjie het van opgewondenheid al van verlede week af elke dag sy skoolklere aangetrek.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters