14 dae gelede
ANC soek antwoorde oor gerugte van moordkomplot
wcpp,masizole mnqasela
Masizole Mnqasela, speaker van die Wes-Kaapse parlement.  ~ 

DIE ANC is vasbeslote om agter die kap van die byl te kom.

Dit is die reaksie van die leier van die amptelike opposisie, Cameron Dugmore, op sy versoek vir 'n debat oor beweringe dat die DA se Wes-Kaapse leier Bonginkosi Madikizela agter 'n komplot sit om die speaker van die provinsiale wetgewer, Masizole Mnqasela, te vermoor.

Nadat daar oor die naweek in die media berig is oor die beweringe het Dugmore 'n versoek gerig vir 'n debat van dringende openbare belang.

Beverley Schafer, adjunk-speaker, sê aangesien die speaker 'n belang het in die saak het sy aandag gegee aan die versoek.

Sy sê verder sy is nie van mening dat dit dringend is nie.

"Terwyl die saak beslis topical en in die openbare domain is, is ek nie van mening dat daar gronde is vir die dringendheid nie."

Schafer raai Dugmore ook aan om ander alternatiewe parlementêre-prosedure te gebruik vir die saak.

Dugmore sê in reaksie: "Die DA is desperaat om nie hul vuilwasgoed uit te hang nie en om die lelike leierskapstryd weg van publieke ondersoek te hou.

"Ongeag wie wen die impak van die stryd raak die provinsie en die premier kan nie daarmee deal nie."

Madikizela en Mnqasela is twee van vier kandidate wie meeding om die pos van provinsiale leier.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters