Verlede maand
ANC skors lid oor miljoen
In die sop: Die Wes-Kaapse ANC-tesourier, Maurencia Gillion, is Woensdag geskors nadat ’n donasie van R1 miljoen glo missing geraak het.Foto: Netwerk24  ~ 

DIE Wes-Kaapse ANC-tesourier, Maurencia Gillion, is in die sop oor ’n missing donasie van R1 miljoen wat dié party voor die verkiesing ontvang het.

Die party se leierskap het haar Woensdag hangende ’n ondersoek geskors.

Die ANC-geaffilieerde Wes-Kaapse SAKP sê in ’n persverklaring: “Bring die geld terug. Die ANC is nie te koop nie.

“Die ANC behoort aan die werkersklas en die arm meerderheid.”

’n SAKP-woordvoerder, Zuko Mndayi, sê hulle verwelkom Gillion se skorsing.

Hy sê hulle vereis ’n volledige ondersoek van die ANC se finansies.

Tycoon

“Ons is verbaas oor Gillion se aandrang om nie die geld terug te gee nie,” sê Mndayi.

Die media tycoon en ANC supporter dr. Iqbal Survé het die geld op 5 Mei, drie dae voor die verkiesing, aan die ANC geskenk.

Die provinsiale ANC-voorsitter, Khaya Magaxa, het twee dae later gesê die leiers het besluit om die geld aan Survé terug te gee.

Survé se Sekunjalo-groep het dieselfde dag ’n persverklaring uitgereik waarin hy sê die geld is klaar na die ANC-takke gestuur, waar dit vir kospakkies vir vrywilligers gebruik sou word.

Magaxa sê die party wil nie geassosieer word met geld van die staatswerkers se pensioenbeleggers, die Public Investment Corporation (PIC), nie.

’n Kommissie van ondersoek bekyk tans PIC se doen en late.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters