12 dae gelede
ANC in rou oor stoere comrade
Rhoda Joemat (71)  ~ Foto Verskaf

DIE ANC het hulde gebring aan die veteraan comrade Rhoda Joemat, wat in die ouderdom van 71 gesterf het.

Die voormalige lid van die United Democratic Front is Sondag ná ’n mediese operasie dood.

Ronalda Nalumango, koördineerder van die ANC se tussentydse provinsiale komitee, sê Joemat, van Surrey Estate, was een van die invloedrykste veterane in die organisasie.

Nalumango beskryf Joemat as beginselvas en vol integriteit.

Diens

Sy voeg by: “Antie Rhoda laat ’n legacy van onbaatsugtige diens aan die mense van Suid-Afrika na. Veral vir mans, vroue en kinders in die Wes-Kaap. Niks was te moeilik vir die Joemat-familie nie.

“Ons bedank hulle vir hulle diens in die struggle vir demokrasie.”

Joemat was ’n legende in politieke kringe vanweë haar pioniersrol om ma’s in Surrey Estate en die omliggende gebiede te mobiliseer.

“Joemat en haar man, Paul, het hulle huis in ’n safe haven verander,” sê Nalumango.

Benewens Paul laat sy haar man en hulle kinders, Rowena, Bradley en Che agter. – ANA

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters