20 dae gelede
ANC en Cosatu ook in Brackenfell
eff,brackenfell
MEER: Daar was Dinsdag 'n groter polisie teenwoordigheid by Hoërskool Brackenfell. FOTO: Peter Abrahams  ~ 

DIT was Dinsdag meer kalm buite Hoërskool Brackenfell.

Teen vroegmiddag was daar slegs 'n paar joernaliste en handjievol inwoners wat op die hoek van Roglandstraat en Goede Hooplaan gestaan het.

Van die EFF-lede was daar nie een in sig nie.

Daar was wel 'n groter polisie teenwoordigheid in die gebied.

Ook lede van die ANC en Cosatu was vroeg Dinsdag in die omgewing sigbaar.

Gemoedere het Maandag gekook toe lede van die EFF met plaaslike inwoners gebots het.

Ouers het die betrokke event gereël nadat die skool besluit het hy gaan nie vanjaar 'n matriekafskeid hou nie.

Die EFF beweer egter dit was 'n "whites-only matric dance" en dit is gereël met die opset om teen swart leerders te diskrimineer.

Die skool het hom in 'n persverklaring van die EFF se uitlatings gedistansieer en daarop gewys dit was 'n private geselligheid wat nie op die skoolgronde gehou is nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters