Verlede maand
ANC-aanstelling is roekeloos, meen DA
Koos Steyn  ~ Foto Verskaf

DIE DA skop vas teen die aanstelling van Ian Kenned as waarnemende voorsitter in die ANC-beheerde Matzikama-munisipaliteit.

Die DA-voorsitter in die Weskus, Koos Steyn, sê hierdie is ’n gevaarlike en roekelose besluit. Volgens hom is dié besluit problematies weens Kenned se geskiedenis as ’n openbare werker.

“In sy vorige ampstermyn as munisipale bestuurder in die Stellenbosch-munisipaliteit in 2016 het Kenned klagte van bedrog en korrupsie in die gesig gestaar,” sê Steyn.

Belange

“Kenned staar tans klagte van bedrog, korrupsie en geldwassery in die gesig in verband­ met sy tyd in die Cederberg-munisipaliteit. Die DA wil weer sy opposisie teen dié roekelose en gevaarlike besluit deur die ANC uitspreek.

“Dis duidelik dat die ANC nie die belange van die inwoners van Matzikama op die hart dra nie.”

Steyn moedig verder die inwoners aan om in vanjaar se komende verkiesing vir ’n “beter regering” te stem.

“Die mense van Matzikama verdien beter,” meen hy.

Die ANC het in Februarie 2020 beheer oor die munisipaliteit verkry toe hy ’n tussenverkiesing gewen en die DA uit die regeringstoel geskop het.

Son kon gister nie die ANC-sekretaris, Neville Delport, op sy selfoon kry nie.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters