4 dae gelede
Ambulans se ruite gesmash
Ambulance emergency car.
Die ambulans is op pad hospitaal toe met klippe bestook.  ~ Foto ter illustrrasie: iStock

'N AMBULANS se agterruit is Woensdag in Houtbaai uitgegooi terwyl dit 'n agtjarige seuntjie, wat in 'n ongeluk beseer is, na die hospitaal vervoer het.

Die seun het ligte beserings opgedoen nadat hy deur 'n ligte voertuig getref is.

Russel Meiring, woordvoerder vir ER24, sê paramedics het kort ná 20:20 op die toneel by die East Fort- en Oude Skip-kruising aangekom.

Die seuntjie het langs die pad gelê met sy ma en pa teenwoordig. Die kar wat die kind gestamp het, het ’n entjie verder gestop.

Meiring sê toe die ambulans die toneel verlaat om die seun na die hospitaal te neem, het inwoners klippe begin gooi. Die ambulans se agterruit is uitgegooi en ’n sekuriteitsvoertuig is beskadig.

Geen verdere beserings is egter aangemeld nie.

ER24 veroordeel aanvalle op nooddienswerkers en doen ’n beroep op die publiek om sulke voorvalle by die betrokke owerhede aan te meld.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters