Verlede maand
Alle valkoë is op Sassa gerig
BEÏNDRUK: Chris Nissen sê hy is bly om te sien die diens by die Bellville-kantore het verbeter.  ~ Jonathan Lestrade

PLANNE lyk goed op papier en mense kan mislei word.

Dit is waarom eerw. Chris Nissen, kommissaris van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK), die Sassa-kantore fyn dophou.

“Ons wil nie hoor wat gedoen gaan word nie, ons wil weet wanneer,” sê hy.

Dit is waarom Nissen gister die Sassa-kantoor op Bellville besoek het nadat hy Dinsdag ’n vergadering gehad het met Sassa se uitvoerende hoof en die Stad Kaapstad om te hoor wat die plan is om die proses vir begunstigdes meer gemaklik te maak.

Op die vergadering het Sassa ’n ooreenkoms met die Stad Kaapstad aangegaan om meer dienspunte oop te maak.

Nissen het aan Son gesê hulle het gevra vir ’n verdere 35 dienspunte, maar het net 8 gekry.

Verder het Sassa ook onderneem om mobiele toilette en waterpunte vir die aansoekers beskikbaar te stel.

Tydens Nissen se besoek gister was die toilette en waterpuntplanne egter nog net beloftes.

“Ons het dit gevra omdat mense ure buite sit en hierdie dienste is nie daar beskikbaar nie.

“Ons het Dinsdag vergader. Dit is Donderdag en ek sien nie die mobiele toilette of waterpunte nie.

“Ek sal dus vir Sassa vra waar dit is en wanneer dit geïmplementeer sal word,” sê hy.

Nissen was wel baie gelukkig om te sien dat daar queue marshalls is wat mense se inligting neem en die proses bespoedig.

Betrokke

“Ek sal ook vra of daar nie stoele is wat aan die bejaardes beskikbaar gemaak kan word nie, asook die ma’s met kinders en die mense met disabilities, omdat dit nie vir hulle maklik is om so te staan nie.”

Nissen sê verder hy is baie beïndruk met hoe die proses nou verloop en hoe mense binne en buite behandel word.

“Ek is veral beïndruk deur die bestuurder wat betrokke is by mense hier by die Bellville-kantoor en vertrou dat die proses net beter sal word vir almal betrokke.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters