9 maande gelede
Alle Josters is 28’s – cop
Elton Ely  ~ Facebook

“NIE alle 28’s is Terrible Josters nie en andersom.”

Dié woorde het Elton Ely se regsverteenwoordiger gister in die Kaapse hoog­geregshof aan ’n ondersoekbeampte gestel.

Die ondersoekbeampte hou vol en glo volgens sy kennis is Terrible Josters ook 28’s-bendelede.

Hy het getuig in die verhoor waarin 12 vermeende lede van die Terrible Jos­ters op 71 klagte teregstaan.

Sy naam word weerhou.

Hy het die groep in 2015 begin ondersoek nadat hy en ’n kollega, ene sers. Bonthuys, gesels het met ’n staatsgetuie wat lid van die bende was.

Die staatsgetuie se naam word ook weerhou.

Ely, beskuldigde 5, is volgens die getuie die leier van die bende in die Belhar-gebied. Volgens die getuie was hy Ely se regterhand.

Ely se regsverteenwoordiger het die ondersoek­beampte gevra of sy opinie oor die connection tussen Terrible Josters en die 28’s gegrond is op sy interaksie met die staatsgetuie.

Hy het geantwoord: “Nee, nie alleenlik nie.”

Die lawyer het toe gevra of dit is as gevolg van die foto’s wat van die graffiti geneem is terwyl hy en sy kollega rondgery het.

“Ja, dit is,” het die beampte getuig.

Son het Dinsdag oor die graffiti berig. Volgens die ondersoekbeampte het hy in Delft ’n 28-teken teen ’n muur gesien. Op een van die syfers was ’n TJ. Hy het verduidelik as een bende ’n ander oorneem, word die name saamgevoeg.

Gedwing

Volgens die lawyer gaan Ely erken hy het op sy bors ’n tattoo wat met die 28’s verbind word. Hy gaan getuig hy is gedwing om dit te kry toe hy op 17 verhoorafwagtend was.

Die saak gaan voort.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters