26 dae gelede
Aktiviste beset ’n spoghuis
Vatheka Halile
Vatheka Halile in die huis in Kampsbaai.  ~ Wewe Ngidi

IN ’N poging om ongelykheid, armoede en ’n gebrek aan die besit van grond vas te vat, het ’n groep besluit om ’n spog-mansion in Kampsbaai te occupy.

Dié jong vroue beskryf hulself as “queer swart en bruin aktiviste”. Die aktiviste wil om veiligheidsredes nie hê die ligging van die mansion moet nou al bekend gemaak word nie.

Onderhandel

Die groep se woordvoerder, Kelly-Eve Koopman, was gister in vergaderings met die eienaars van die eiendom toe Son haar oor die saak wou nader.

In ’n persverklaring sê die groep hulle wil met die eienaars onderhandel om die mansion beskikbaar te stel aan armes wanneer dit nie in gebruik is nie.

“Ons aksie is deel van ’n wereldwye beweging van besetters wat nie huise het of kan bekostig om huurgeld te betaal nie of geweld in die gesig staar waar hulle tans woon.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters