15 dae gelede
‘Aksie teen cop is goed’
Albert Fritz
Albert Fritz, LUR vir gemeenskapsveiligheid verwelkom die optrede teen die cop.  ~ Jonathan Lestrade

DIE minister van gemeenskapsveiligheid verwelkom die dissiplinêre aksie teen die polisieman wat ’n verkragtingslagoffer weggewys het.

Die voorval het Maandag by die Khayelitsha-polisiestasie gebeur.

Die slagoffer (26) is na bewering deur ’n taxi-bestuurder verkrag toe sy saam met hom na haar boyfriend gery het wat in TR Section woon. Die bestuurder het egter ’n ompad met haar gery.

Ná die voorval is sy op ’n onbekende pad afgelaai. Iemand anders het haar na die polisiestasie geneem.

Fritz sê: “Die dissiplinêre aksie stuur ’n sterk boodskap aan polisiebeamptes dat hulle teen gendergeweld móét optree.

“Die polisie het ’n plig om te dien en beskerm. Vroue hoef nie tweedehandse viktimisering te suffer deurdat hul sake nie aandag geniet nie.”

Fritz sê hy sien uit na die uitslag van die dissiplinêre aksie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters