Verlede maand
AKA se verloofde sterf in hotel-tragedie
nelli,aka
AKA en Nelli Tembi  ~ 

DIT MET diepe hartseer dat die ontydelike sterfte van Anele "Nelli" Tembe (22) bevestig word.

Sò lees 'n verklaring deur die families van die rapper Kiernan Forbes oftewel AKA (33) en sy verloofde, wie tragies vroeg Sondagoggend oorlede is.

Gerugte doen die rondte dat Nelli Tembe (22), vir wie AKA net laas week lobola betaal het, na bewering vanaf die 10de vloer by die posh Pepper Club-hotel in die Kaapse middestad gespring het.

’n Betroubare bron wat in die hotel bly het aan Son bevestig dat hy gesien het hoe ’n meisie van die 10de vloer gespring het.

Die bron sê: “Ek het met my eie oë gesien hoe iemand selfmoord pleeg. Ek was baie verward. Ek het gesien hoe sy vanaf die 10de vloer spring.”

Die verklaring deur die families lees: "Ons is steeds in skok en deal met ons emosies. Sy (Nelli) was 'n besonderse en talentvolle jong dame, met soveel lewe in haar."

Volgens die families is AKA ontroosbaar en is hy omring deur familie en close vriende.

Op Instagram was die tweetjies nog Saterdag dolgelukkig.

Hulle het Saterdagmiddag gaan lunch by die V&A Waterfront. Kort daarna het hulle by die plaaslike ontwerper MaXhosa by Laduma se klerewinkel in die Waterfront gaan inloer. Die tweetjies was ook later die aand by die nuwe club Ayepyep, waar bottels van AKA se Cruz Vodka vrylik gevloei het.

Netcare911 bevestig in 'n verklaring dat die liggaam van ’n 22-jarige vrou buite die Pepper Club-hotel gevind is. Netcare en die polisie kan ongelukkig nie die identiteit van die oorledene bekend maak nie.

pepper club
Toneel buite die Pepper Club-hotel in die Kaapse middestad. FOTO: Leon Knipe

Netcare 911 se verklaring lui: "Vanoggend (Sondag) kort na 08:00 het Netcare 911 reageer op 'n oproep buite 'n hotel in die Kaapse middestad. 

"Volgens verslae het 'n 22-jarige vrou na bewering van die 10de vloer gespring en in die pad beland."

Volgens die nooddienste het sy nog 'n tydjie geleef voordat sy op die toneel gesterf het.

"Medici het die pasiënt wat kritieke beserings opgedoen het, geassesseer en sy is op die toneel behandel deur 'n advanced life support paramedic.

"Terwyl die pasiënt gestabiliseer is, het haar toestand vinnig verswak en sy het op die toneel gesterf."

Omstandighede wat tot die voorval gelei het, gaan ondersoek word. 

Intussen het die blogger en vermaaklikheidskommentator, Phil Mphela, op Twitter gedeel: "Ek kan bevestig dat rapper AKA se verloofde Nellie betrokke was in 'n noodlottige voorval in Kaapstad.

"Die rapper se bestuur kan nie verdere inligting deel nie en het versoek dat ons die familie tyd gee om met die skok te deal."

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters