11 maande gelede
'Aikôna, praat eers Xhosa,' sê cops
klagtes: Elizabeth Knight (middel) vertel wat by die polisiestasie gebeur het. Links is Waillah Hendricks en regs Moesfieka Joseph.Foto’s: Melinda Stuurman  ~ 

DIE cops van Delft wou nie hulle saak vat nie – omdat hulle nie Xhosa kan praat nie.

Só beweer ’n gesin van Delft. Hulle was cop shop toe om ’n saak te maak toe hulle 15-jarige omgery is.

Volgens die gesin het ’n Xhosasprekende cop gesê hulle moet waai as hulle nie sy taal kan praat nie.

Moesfieka Joseph (15) en haar vriendin Waillah Hendricks (13), van Leiden, Delft, het Woensdagmiddag oor Symphony Way gestap.

Die kinders sê ’n kar het aangejaag gekom.

Volgens Moesfieka het sy die kar regs voor getref, maar haar kop het die voorruit links aan die passasierskant gekraak.

“Ek kan nie alles onthou nie, maar iemand het kom help en my in die kar ingelaai wat my omgery het en hospitaal toe geneem.”

Waillah vertel die driver het vreeslik gevloek en iets gesê van die kinders wat voor die kar ingeloop het.

Ondervra

Moesfieka sê toe sy in die hospitaal was, het die driver en ’n cop daar opgedaag terwyl ’n dokter besig was om steke in te sit.

“Hulle wou my oor die ongeluk ondervra, maar die dokter het gesê dis ’n hospitaal en nie ’n polisiestasie nie.”

Volgens ’n buurvrou, Elizabeth Knight, is hulle na die Delft-polisiestasie om ’n saak aanhangig te maak.

Dis hiér waar hulle hulle vasgeloop het.

“Hulle wou nie ’n saak vat nie. ’n Familielid was saam en het gevra of hulle nie Engels of Afrikaans kan praat nie.”

Volgens die familielid het ’n cop toe gesê as hulle nie Xhosa verstaan nie, moet hulle stilbly.

besorgde ma: Kashiefa Joseph sê hulle kan eers môreaand ’n saak maak.
Smash: Die voorruit is geshatter waar Moesfieka Joseph se kop dit getref het.Foto verskaf

“Hulle het baie aandag gegee aan die Xhosa-man wat Moesfieka gestamp het, maar ons is nie gehelp nie.

“Ons het weer teruggegaan, maar hulle het ons ignore.”

Moesfieka se ma, Kashiefa (34), sê ’n ander polisieman het gesê hulle moet môreaand 18:00 by die polisiestasie wees om ’n saak te maak.

Kapt. John Bartlett, ’n woordvoerder van die Delft-polisie, het gesê hy sal eers moet uitvind van die saak voordat hy kommentaar kan lewer.

“Ek is nie bewus van die ongeluk nie, maar taal behoort nie ’n probleem te wees nie. Gewoonlik is daar polisie aan diens wat Afrikaans kan praat.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters