8 maande gelede
Agtien mense aangekeer vir dronkbestuur
dodelik: ’n Motorfietsryer is dood in die ongeluk op die N2-snelweg naby Knysna. Die bestuurder van die BMW wat teen die bike vasgery het, is in hegtenis geneem vir dronkbestuur. FOTO verskaf  ~ 

DIT was weer ’n swart naweek op die provinsie se paaie.

Volgens die Wes-Kaapse verkeershoof, Kenny Africa, is sewe mense Vrydag en Saterdag dood.

Die sewe sterftes sluit ’n 43-jarige man (voetganger) in George/Thembalethu in, ’n 33-jarige vrou (passasier) in Laingsburg, ’n eenjarige baba (passasier) in Laingsburg, ’n 40-jarige man (passasier) in Laingsburg, ’n vierjarige seun (passasier) in Laingsburg, ’n 30-jarige man (voetganger) in George en ’n sesjarige seun (voetganger) in Guguletu.

As deel van die Weekend Alcohol Blitz campaign is 2 422 voertuie Vrydag en Saterdag gestop. Agtien mense is vir dronkbestuur gevang.

Die hoogste bloedalkoholvlak is gemeet in Mosselbaai. Dit was 1,4 mg/1 000 ml – vier keer die legal vlak.

Mense is ook in hegtenis geneem vir onder meer vervalste dokumente (Brackenfell en Laingsburg), omkopery (Caledon), roekelose bestuur (Laingsburg) en spoed (Vredendal).

Twee onwettige immi­grante is in Beaufort-Wes aangekeer.

Die owerhede het fines van altesame R824 550 opgelê.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters