Verlede maand
Agt tjoef-tjaf vas ná rooftog
dfd
Die vuurwapen waarop die polisie beslag gelê het.  ~ Foto Verskaf / SAPD

'N ONBEKENDE bedrag kontant en 'n selfoon.

Dít was agt rowers se bestelling toe hulle op Paasmaandag 'n wegneemwinkel aan die Weskus beroof het.

Hulle het die winkel in Stasieweg in Lutzville binnegegaan en het voorgegee hulle is klante. Nadat hulle gehelp is, het hulle vuurwapens en messe uitgepluk en het kort daarna met die geld en selfoon gevlug.

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, sê in 'n verklaring lede van Lutzville-polisie, wat in die nabyheid was, het een van die verdagtes naby die toneel in hegtenis geneem en het 'n tweede verdagte in die wegkom-motor gevang.

"By nadere ondersoek het Clanwilliam-polisie ses verdagtes tussen die ouderdom van 35 en 55 in hegtenis geneem vir die sakeroof en het op 'n 9mm-pistool met 15 rondes ammunisie, 'n Toyota Quantum, een selfoon en 'n onbekende bedrag geld beslag gelê."

Die verdagtes verskyn binnekort in die hof.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters