2 maande gelede
Agt mense op treine vas
 ~ 

AGT mense is dié week op treine in die Wes-Kaap gearresteer.

Dit is alles te danke aan die Rail Enforcement Unit (REU) in samewerking met Prasa Protection Services en die polisie in Claremont en Parow waar hulle 17 operations gehou het.

Luidens ’n verklaring van die Stad Kaapstad het die eenheid het ook 26 hotspots en scrapyards geïnspekteer en boetes van sowat R24 000 in totaal uitgereik.

Die Stad se burgemeester Dan Plato sê hy is trots op die samewerking van die eenheid.

“Die Stad is toegewyd daaraan om pendelaars veilig te hou. REU wys hoe ons saam die veiligheid van pendelaars kan verhoog," sê Plato.

“Die aantal arrestasies wat uitgevoer is en gesteelde goedere wat teruggevind is, wys hoe effektief die samewerking is.

Donald Grant, Wes-Kaapse minister van vervoer, sê pendelaars kan gerus wees dat deurbrake gemaak word om misdade op treine hok te slaan. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters