11 dae gelede
Aanvalle 'is Prasa se skuld'
Spook: Paramedici probeer Vrydagaand die 32-jarige man aan die lewe hou.Foto: facebook  ~ 

DIE Stad Kaapstad blameer Metrorail se moedermaatskappy, die Suid-Afrikaanse Passasierspooragentskap (Prasa), vir Vrydagaand se aanval op ’n trein.

’n Man (32) is dood toe rowers hom en ag kollegas beroof en uit die bewegende trein gegooi het.

Die man se identiteit word nog weerhou.

Die ander mans is met ernstige beserings na omliggende hospitale geneem.

Die voorval het omstreeks 22:00 tussen die Lynedoch- en Eersterivier-stasie op trein nommer 3427 plaasgevind.

Die victim is so erg aangerand dat ’n stuk mes nog in sy skedel vasgesit het.

Hy het die Zetlers-vulstasie gehaal, waar hy ’n motoris om hulp gevra het.

Renier van der Westhuizen skryf op sy Facebook-blad die slagoffer het by sy voertuig inmekaargesak.

Van der Westhuizen en twee ander mense wat medies opgelei is, het die man probeer stabiliseer totdat die paramedics opgedaag het, skryf hy.

Maar dit was vergeefs.

Die Stad se mayco-lid vir vervoer, Brett Herron, sê: “Dit is skokkend.

“Kaapse treinpendelaars is kwesbaar en moet daagliks sulke voorvalle van geweld trotseer.”

Volgens Herron sleep Prasa sy voete om sy R16 miljoen-bydrae te gee vir die opleiding van securities op treine.

Herron sê die Stad en provinsiale regering het reeds hulle deel bygedra – maar ná ’n paar reminders aan hoofbestuur het Prasa nog niks gedoen nie.

Weens die tekort van R16 miljoen het heelwat minder recruits opleiding gekry om pendelaars en Metrorail se infrastruktuur beveilig.

Dit kos sowat R47 miljoen om die eenheid te stig en 12 maande te bedryf.

Son het vroeër berig Metrorail het net 1 845 sekerheidsbeamptes in die Wes-Kaap, wat meer as 122 stasies moet dien.

Richard Walker
bekommerd: Brett Herron sê Prasa sloer om R16 miljoen te betaal. Foto’s: peter abrahams

Die Prasa-raad veroordeel die voorval skerp.

Die voorsitter, Khanyisile Kweyama, sê die aanval is duidelik vooraf beplan met die doel om openbare vervoer ’n knou te gee.

Kweyama sê Metrorail sal binnekort die slagoffers besoek en hy hoop die polisie sal die skurke gou vang.

Richard Walker, Wes-Kaapse Metrorail-bestuurder, sê die voorval is ’n tragedie en hy bid vir die families van die slagoffers.

Die Wes-Kaapse minister van vervoer, Donald Grant, sê dis baie belangrik om spoorwegboewe te vang.

Hy sê ook hy is teleurgesteld dat mense wat treine aan die brand steek, nog vry rondloop.

’n Beloning van R100 000 is uitgeloof vir enigeen met inligting wat tot arrestasies en ’n suksesvolle vervolging kan lei, sê hy.

Lt.kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, sê die cops ondersoek sake van moord en poging tot moord.

Niemand is nog gearresteer nie.

Traut vra enigeen met inligting om die polisie se Stop Misdaad-lyn by 08600 10111 te bel.

Volg Anele Mfazwe op Twitter.

Stuur nuuswenke aan info@son.co.za.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters