11 dae gelede
Aanranding 'polisie se skuld'
Brackenfell
Die groot groep EFF-betogers wat Vrydagoggend naby HoĆ«rskool Brackenfell bymekaar gekom het.  ~ Adrian de Kock

KALMTE het teruggekeer na waar die EFF in Brackenfell betoog nadat 'n bakleiery vroeër daar uitgebreek het.

Die EFF betoog van vanoggend af buite die Hoërskool Brackenfell oor beweerde rassisme by die skool. Dit kom nadat sommige ouers 'n private partytjie gehou het vir hul matriekkinders. Dit is egter net deur wit leerders bygewoon.

Die polisie het 'n waterkanon, skokgranate sowel as traangas gebruik om die skare uitmekaar te dryf. Die EFF-lede het weer hergroepeer en die EFF se sekretaris-generaal, Marshall Dlamini, was besig om die fighters toe te spreek toe 'n onbekende man die skare genader het.

Sonder om te vra het die EFF-lede die man aangerand.

Die polisie het gou ingegryp en skokgranate op die skarre gegooi om die fight op te breek.

Die Wes-Kaapse EFF-voorsitter, Melikhaya Xego, sê die polisie moet verantwoordelikheid neem vir die wit man se aanranding.

Xego sê: "Die situasie hier is baie gespanne en dis op 'n rassistiese basis.

"Ons as EFF-lede word van die ander kant waar die wit inwoners is, weggehou.

"Ons as die swart mense mag nie oor die grens gaan nie, maar die wit man het daarin geslaag om oor die grens te kom en aan ons kant beland.

"Die polisie moet verduidelik hoe die man oor die grens gegaan en aan ons kant beland het."

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters