3 jaar gelede
PLEKS VAN HOM WEGGOOI, HET SY MA HOM IN N ‘SAVER’ GELOS
 ~ 

Pleks van hom in ’n veld of drom te los, het ’n desperate ma van Kaapstad haar baba in ’n veilige aflaaiboks in die muur van ’n Helderbergse kliniek gelaat.

Die seun, wat Maandagmiddag in die “Helderberg Baby Saver” by die Choices Crisis Pregnancy Counselling-sentrum gelos is, is die eerste arrival sedert die projek ’n jaar gelede begin is.

Die kleintjie, wat ongeveer ’n maand oud is, was geklee in ’n babaspeelpakkie (babygrow) en het ’n kombersie gehad, sê Sandy Immelman, projekbestuurder.

Sy ma het ’n fopspeen in sy mond gelos.

“Dit is duidelik dat sy ma baie lief is vir hom en na hom gekyk het. Pleks van hom net weggooi, het sy hom in die ‘Saver’ gesit.”

Die gewig van die baba het die sensitiewe drukkingsplaat in die “Saver”-kluis laat afgaan en die alarm is geaktiveer.

’n Hoë-prioriteitswaarskuwing is aan ’n veiligheidsmaatskappy gestuur en almal het na aksie oorgegaan.

“Almal was binne enkele minute daar. Ons is regtig verlig dat wat in plek gesit is, ’n lewe gered het.”

Immelman het die projek saam met Judith Cross, ’n lid van die Somerset-Wes-buurtwag, einde verlede jaar begin, omdat babas in die omgewing ge-dump is.

Die baba het nog nie ’n naam nie.

Sy hoop vroue in soortgelyke situasies sal die “Saver” gebruik en hul plaaslike hospitaal, kliniek of polisiestasie nader.

“Mense wat desperaat is, moet weet daar is opsies.” – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters