4 jaar gelede
‘COP-HATER’ MET RIFLES HELP KINDERS MET RAFFLES
’n “pa”: Die tuinman sê Volkwyn het na hom gekyk. Foto: peter abrahams

“RAMBO van die Kaap.”

Dís hoe Michael Volkwyn (61) bekend gestaan het nadat hy glo lawaaiende kinders met sy pyl en boog geterroriseer het.

In 2000 het Volkwyn ook headlines gemaak as die man wat Herschelle Gibbs se ma, Barbara, met sy Robin Hood-wapen geskiet het.

Volkwyn en sy sibbe was weer in die nuus nadat hul pa, die welbekende prokureur Isaac Volkwyn, in 2002 gesterf het.

Maar mense naby aan die meganiese ingenieur vertel dat hy ’n gawe man was wat net die cops gehaat het.

’n Buurvrou vertel: “As ek ’n raffle van my kinders se skool het, sit ek dit op sy stoep onder ’n rots.

“Die next oggend gaan haal ek die ingevulde lys met die geld onder die rots.”

Volkwyn se tuinier van die afgelope ses jaar wou nie sy naam sê nie, maar sê Volkwyn was sy ander pa.

“Ek onthou die eerste dag toe ek sy huis besoek het. Hy het sy deur oopgemaak en my in die voorkamer genooi.

“Hy het ’n rifle in sy hand gehad en gevra wat ek soek.

“Toe ek hom vertel ek soek net ’n werk, het hy my onder sy wing geneem.”

Volgens die tuinier het Volkwyn ’n secret stash waar hy sy ammo wegsteek.

“Hy was baie slim. Hy’t sy eie devices gemaak.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters