Verlede maand
Vyf steeds kritiek
wetton poisoning
Ses mense het in Wetton inmekaar gesak nadat hulle 'n onbekende stof ingeasem het.  ~ Jenni Evans / News24

VYF van die ses mense wat 'n onbekende stof in Wetton ingeasem en inmekaar gesak het, is steeds in 'n kritieke toestand in die hospitaal.

Zahid Badroodien, mayco-lid belas met gesondheid, sê die polisie ondersoek nog die omstandighede wat tot die voorval gelei het.

Die ses mense het op drie verskillende plekke langs Wetton Road in Ottery inmekaar gesak.

Badroodien sê sodra hulle formeel ingelig is oor die oorsaak, gaan die stadsraad verdere ondersoeke doen oor wat hulle ingeasem het en ander omstandighede wat daartoe gelei het.

"Ons wil nie spekuleer oor die moontlike oorsaak totdat bloedtoetse of monsters geneem is en onderhoude gedoen is met dié wat geaffekteer is nie," sê Badroodien.

Lt. Kol. Andre Traut, polisiewoorvoerder, sê daar is nog nie 'n kriminele saak geopen nie. - News24


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters