6 dae gelede
3 in kar dood
VERMOOR: Drie mense is Vrydag in ’n kar afgemaai. Foto’s: LEON KNIPE  ~ 

DRIE mans is Saterdagoggend vroeg in ’n kar in Hanover Park doodgeskiet.

Die voorval het net voor 04:00 in die bendegeteisterde gebied gebeur. Die drie slagoffers is in ’n rooi VW Golf GTI gevind.

Volgens sers. Noloyiso Rwexana, ’n polisiewoordvoerder, het die cops om 03:40 gereageer op ’n oproep oor die skietery in Hanall Walk.

Al drie slagoffers is met skietwonde in die kar gevind, sê Rwe­xana.

Arrestasies

Sy sê verder: “Die slagoffers was twee mans van 22 en 44 jaar oud en ’n vrou van 32.

“Enige een met inligting oor die voorval word gevra om Crime Stop by 0860 010111 of die ondersoekbeampte in die saak, konst. Sebranheim Meintjies, by 071 673 2095 te bel.”

Rwexana het bevestig nog geen arrestasies is in verband met die drie moorde gemaak nie.

  • Intussen is Carlo Roberto Lewis (34) Saterdagaand in Elysburg Court in 39ste Laan, Ravens­mead, vermoor.

Die voorval het Vrydag om en by 21:10 gebeur.

Rwexana het bevestig die polisie ondersoek ’n moordsaak.

Sy sê verder die polisie het Lewis se lyk op die toneel gekry met verskeie skietwonde.

Rwexana het bygevoeg: “Die omstandighede rondom die voorval word ondersoek. Geen arrestasies is al in hierdie stadium gemaak nie.”

  • Intussen sê die wyksraadslid van Bonteheuwel, Angus McKenzie, bendes skiet die afgelope paar dae in dié area “soos ’n klomp cowboys”.

McKenzie verduidelik: “Die afgelope twee aande skiet hulle non-stop hier in Bonteheuwel.

“Die skietery vind meestal tussen Kiaatlaan en Bonteheuwellaan plaas.

“Twee onskuldige mense is in Swartysterhoutstraat gewond.

“Mark Poole is (Vrydagaand) in sy sitvlak geskiet.

“Hy is in die hospitaal opgeneem en is later ontslaan.

“Craig Bailey, ook bekend as Pigeon, is Saterdagaand na die hospitaal geneem nadat hy in die gesig geskiet is.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters