4 maande gelede
15 verdagtes agter tralies ná operasie
 ~ 

DIE Wes-Kaapse polisiekommisaris, lt. genl. Khombinkosi Jula, sê die polisie gaan volhou om gesamentlike operasies uit te voer totdat misdadigers agter tralies is. 

Die polisie, in samewerking met ander wetstoepassingsagentskappe wat op soek na onwettige vuurwapens en dwelms was, het Donderdag 15 verdagtes in Steenberg gearresteer.

Sers. Noloyiso Rwexana, 'n polisiewoordvoerder, sê agt van 15 verdagtes, was deur die polisie gesoek.

Die wanted verdagtes is gesoek op klagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer, roof, huisbraak en diefstal.

Die ander sewe verdagtes is in besit van onwettige vuurwapens, ammunisie en dwelms betrap.

Die verdagtes is tussen die ouderdom van 22 en 61.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters