15 dae gelede
15 beseer toe taxi in Heideveld rol
Sharp shards of car glass on the asphalt
15 mense is Woensdagoggend in 'n taxi-ongeluk beseer.  ~ Foto ter illustrasie: Getty Images

ALTESAAM 15 mense, waaronder twee kinders, is Woensdagoggend tydens 'n ongeluk op die N2 in Heideveld, buite Kaapstad, beseer.

Die voorval het omstreeks 07:45 plaasgevind.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê met hul aankoms op die toneel het die taxi op sy sy gelê.

Meiring sê paramedics het die pasiënte ondersoek en bevind dat drie van hulle in 'n ernstige toestand was. Twaalf ander mense het matige beserings opgedoen.

Hy sê die pasiënte is op die toneel behandel en die drie mense wat ernstig beseer is, het pynverligtingmedikasie ontvang voordat hulle na die hospitaal geneem is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters