Verlede maand
1 dood in gru-ongeluk
ongeluk
'n Trokbestuurder is die naweek dood in 'n ongeluk in Kraaifontein.  ~ ER24

DIE bestuurder van 'n trok is dood en 26 ander mense is beseer in 'n ongeluk wat die naweek op die Ou Paarl-pad in Bloekombos, Kraaifontein plaasgevind het.

Die trok, wat werkers vervoer het, het met 'n ander voertuig gebots.

Met die paramedics se aankoms om 20:30 op die toneel het twee mense in die voertuig vasgesit. Die jaws of life moes gebruik word om hulle uit te kry.

Die een het ernstige beserings opgedoen terwyl die ander een net matig beseer was.

"Na verdere ondersoek het die paramedics ook die trokbestuurder onder die trok gevind. Ongelukkig het hy aan sy beserings beswyk en is op die toneel dood verklaar."

Die ander 24 pasiënte se beserings het van lig tot matig gewissel.

Die omstandighede rondom die ongeluk word nog ondersoek. - ER24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters