4 jaar gelede
KIND (7) IN RAPE-SAAK NIE GESOND NIE
beskuldig: Liam Jones het onskuldig gepleit op twee aanklagte van verkragting. Foto: charles pullen

DIE getuienis van ’n meisie(7) wat na bewering twee jaar gelede verkrag is, is uitgestel tot 19 en 20Januarie. Die aangeklaagde, Liam Jones (35), staan tereg op aanklagte van menseroof en verkragting van dié slagoffer, sowel as op verkragting van ’n ander vrou. Jones pleit onskuldig op al die aanklagte teen hom. Die kind wat vyf jaar oud was toe die beweerde misdaad gepleeg is, het dié week in die Baaise hooggeregshof begin getuig. Die saak is egter uitgestel omdat sy siek geraak het. ’n Dokter het bevestig sy het kinkhoes. As haar getuienis dan afgehandel word, word die verhoor weer uitgestel na ’n datum in Junie. Sy getuig deur ’n bemiddelaar. Die meisie, wie se ma oorlede en pa in die tronk is, bly by haar antie en ouma. Voordat sy haar getuienis onderbreek het, het die meisie gesê ’n man het sy tottie in haar noenoe gedruk. Betrap Sy beweer ook dat ’n vinger in haar opgedruk is en dat die man haar geklap het. Luidens die klagstaat het Jones die meisie oor sy skouer gegooi en ontvoer. Die staat voer aan dat Jones haar op 29 Julie 2013 in ’n oop veld in Windvogel verkrag het. Die meisie se familie en lede van die gemeenskap het na die kind begin soek. Luidens die klagstaat is Jones op heter daad betrap terwyl hy die vyfjarige verkrag het. Die kind is in die hospitaal opgeneem, waar sy haar sesde verjaardag gevier het. In die ander saak teen Jones voer die staat aan dat hy ’n vrou op 29 Januarie 2011 verkrag het terwyl sy alleen tuis was. Daar word ook aangevoer dat hy dié beweerde slagoffer met die vuis in die gesig geslaan het. Hoewel Jones na bewering gevlug het, is hy later by sy huis in hegtenis geneem.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters