2 maande gelede
Zuck kry plak
Facebook CEO Mark Zuckerberg speaks about "News Tab" at the Paley Center, Friday, Oct. 25, 2019 in New York.  ~ AP Photo/Mark Lennihan

ELKE keer as Mark Zuckerberg, die CEO van Facebook, enigiets post, maak dit waves aanlyn.

Dit was ook so toe hy op Amerika se Onafhanklikheidsdag ’n video in sy social media gepost het.

Die 37-jarige het 4 Julie gevier deur wakeboarding te doen met die Amerikaanse vlag wat in sy hande wapper.

Daar is prentjiemooi berge in die agtergrond.

Reaksie

Hy het die klassieke John Denver-liedjie “Take­ Me Home, Country Roads” in die background laat speel.

Zuckerberg se eenvoudige byskrif by die video lui: “Happy July 4th.”

Op Twitter het die video groot reaksie ontlok.

’n Twitter-gebruiker genaamd Seyi Taylor het die video met ander twieps geshare en in minder as 12 uur het dit sowaar 4 miljoen views gekry. – NDTV

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters