4 maande gelede
Zim tref voorsorg teen virus
virus
Zimbabwe het nog geen gevalle van corona-virus nie.  ~ Foto ter Illustrasie

ZIMBABWE het nog nie 'n enkele geval van die corona-virus, Covid-19 nie, maar sy pres. Emmerson Mnangagwa het reeds drastiese stappe geneem.

Mnangagwa het reeds 'n nasionale ramp verklaar en 'n verbod op samekomste van meer as 100 mense geplaas.

VOAZimbabwe berig dat skole nie gaan sluit nie, maar dat die lewens van Zimbabwiërs drasties gaan verander.

Plaaslike en internasionale reise asook troues, begrafnisse is ook verbied.

Die land se 40 jaar vieringe van hul onafhanklikheid, wat op 18 April sou plaasvind, is ook uitgestel.

Amper 200 000 mense wêreldwyd het positief getoets vir Covid-19 en meer as 7 000 mense is reeds daaraan dood. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters