Verlede maand
Zim stel sy lockdown uit

DIE Zimbabwiese president, Emmerson Mnangagwa, het dié land se lockdown vir ’n onbepaalde tyd uitgestel.

Mnangagwa het Saterdag in ’n regstreekse uitsending gesê die lockdown, om die verspreiding van die corona- virus te beheer, sal elke twee weke hersien word.

Hy het gesê informele straatmarkte, waar miljoene Zimbabwiërs ’n bestaan maak, bly gesluit. Die regering se gesondheidspesialiste sal geraadpleeg word oor hoe dit veilig heropen kan word. – Aljazeera.com

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters