3 maande gelede
Zim in lockdown na 29 Covid-sterftes
Zim se vlag  ~ iStock

ZIMBABWIËRS sal vir die volgende 30 dae vasgevang wees in ’n streng nasionale inperking. 

Die adjunkpresident, Constantino Chiwenga, het dié aankondiging gemaak nadat 29 mense in een week weens Covid-19 gesterf het. Die lockdown begin Dinsdag, berig EWN. 

Chiwenga, wat ook die minister van gesondheid is, sê die getal sterftes is die meeste sedert die uitbreek van die pandemie. Hy het ook ’n curfew van 18:00 tot 06:00 in plek gestel.

Verder word alle restaurante, bars, gyms en drankwinkels nie toegelaat om te operate nie. Kerke is toe en troues word ook nie toegelaat nie. 

Winkels en apteke is nog oop, maar net tot 15:00 elke middag. Alle ander besighede en werksplekke is egter toe en informele straatverkopers mag ook nie besigheid doen nie.

Landbou, myne, besighede in die toerismebedryf en fabrieke is nog oop. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters