6 maande gelede
Yanks bibber aan Ooskus
Amerikaners aan die Oos-Kus kry swaar met die koue.  ~ FOTO VERSKAF

MONTPELIER, Vermont. – Dit was die naweek ysig aan die Amerikaanse ooskus. Saterdagoggend was dit onder 10 °C in die area vanaf Philadelphia tot Boston en die temperatuur sou die aand na verwagting tot 0 °C daal. En weens die wind sou dit nóg kouer voel.

Selfs op plekke met ’n meer gematigde klimaat het mense gebibber. Die naweek was dit in Baltimore en Washington D.C. sowat 20 °C kouer as gewoonlik dié tyd van die jaar. – AP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters