2 maande gelede
Yank betaal papgeld met sleepwa vol munte
sente
Die man het die munstukke op die grasperk uitgegooi.  ~ Foto ter illustrasie:Theo Jephta

'N JONG vrou van Amerika sê haar pa se kinderagtige stunt om sy laaste betaling vir papgeld met duisende muntstukke te maak, het 'n emosionele impak op haar gehad.

Avery Sanford van die deelstaat Virginia sê haar pa het enkele dae ná haar 18de verjaarsdag met 'n sleepwa by hul huis opgedaag en die 80 000 munstukke op hul grasperk uitgegooi.

Luidens The Mirror het Sanford egter die slegte daad in 'n goeie een omskep.

Sy het die muntstukke opgetel en 'n skenking aan Safe Harbour, 'n liefdadigheidsorganisasie wat skuilding bied, gemaak.

Ander skenkings het ook later weens die gebaar ingestroom. - DailySun

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters