4 jaar gelede
Vrou spandeer duisende op kersgeskenke vir haar honde

’n Vrou het erken sy spandeer £1250 (sowat R21 482,35) op haar honde vir kersfees, meer as vir haar eie kêrel. Die 26-jarige Vikki Jose bederf haar harige babas die feesseisoen. Hulle is die vier-jaar-oue Labrador, Harvey en die twee-jarige Bichon Frise.

Die bederfde honde het selfs hul eie kersfees wenslys vir kersvader sook persoonlike kerskouse en advent kalenders met hondelekkernye in die binnekant. Sy erken glimlaggend dat sy meer op haar hodne spandeer as op haar kêrel, Jack Cassidy (26), ’n motorwerktuigkundige.

“Aan die einde van die maand, as ek sowat R1 700 oor het, sale j vir hulle nog speelgoed gaan koop. Hulle gee my soveel onvoorwaardelike liefde en daar is geen gevoel soos dit nie,” het sy vertel.

Vikki wat  nog by haar ma Amanda, ’n kombuisassistent, en haar pa, ’n kosnstruksiewerker woon, het begin om vir haar honde kergeskenke bymekaar maak. Sy het al £1250 op haar honde spandeer teenoor die £700 vir haar kêrel.

Hierdie ajar het sy 100 geskenke vir haar honde gekoop insluitend dosyne speelgoed, klere, komberse, kussings. Lekkernye, nuwe baadjies en leibande. – mirror.co.uk

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters