Verlede maand
Vrou maak fortuin met foto’s van voete
TOONBEELD: Sweet Arches sit voet in die hoek met haar foto's.  ~ PA Media

SWEET Arches, ’n mediese student van Portland in Amerika, maak ’n klomp geld deur foto’s van haar voete op Instagram te verkoop.

Die toonaangewer maak omtrent $5 000 (net onder R90 000) per maand.

Sy sit verskillende foto’s op van haar voete met verskillende sandale of pantoffels aan of van net haar kaal voete met geverfde toonnaels.

Die 28-jarige student het 106 000 followers op Instagram. Sy kry tot 100 boodskappe per dag.

Ruik

Sweet spandeer elke dag tot 10 ure aan voetwerk.

Sy kry vreemde versoeke, soos om vrugte met haar tone plat te trap en dat fans haar stewels wil ruik. Volgens haar is dit “supermoeilik” om haar voete te laat stink.

Sweet sê haar vriende en familie ondersteun haar heeltemal met wat sy doen.

Haar doel is ook om haar ma te help aftree. – W24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters