10 maande gelede
Vrou in NS positief met SA Covid-variant
Coronavirus. COVID-19. 3D Render
'n Vrou in Nieu-Seeland het positief getoets vir die Suid-Afrikaanse variant van die virus.  ~ Getty Images

NIEU-SEELAND het Maandag vir die eerste keer in maande 'n positiewe geval van Covid-19 binne die gemeenskap aangekondig.

'n 56-jarige vrou wat op 30 Desember na die land teruggekeer het, het positief getoets vir die Suid-Afrikaanse variant van die corona-virus.

Chris Hipkins, minister verantwoordelik vir dié land se reaksie teen Covid-19, sê die vrou het na die verpligte twee weke van kwarantyn twee keer negatief getoets voordat sy weer positief getoets het.

Ashley Bloomfield, Nieu-Seeland se gesondheidshoof, sê 15 mense, wat in nabye kontak met die vrou was, is geïdentifiseer en is gekontak.

Haar man en hairdresser het intussen negatief getoets.

Nuus van die nuwe geval het daartoe gelei dat Australië die reisborrel met Nieu-Seeland vir 72 ure opgeskort het. - Reuters


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters