2 maande gelede
Vragskip sit vas
Ever Given is sedert Dinsdag in die Suez-kanaal gestrand.  ~ Maxar Technologies

EEN van die grootste vragskepe ter wêreld wat vassit in die nou waterweg van die Suez-kanaal, het sommer baie gou meme-makers aanlyn aan die woeker.

Baie jokes, gedigte en humor vloei uit veral ’n foto van ’n baie klein stootskraper wat ingespan is om die reuse-skip te probeer bevry.

Die vragskip Ever Given­ is Dinsdag gestrand in Egipte se Suez­-kanaal nadat ’n sterk wind dit dwars in die kanaal gewaai het.

Ophou

Dit het seeverkeer op een van die wêreld se besigste handelsroetes tot stilstand gedwing.

Foto’s wys hoe die Taiwanse skip – 400 m lank en 59 m wyd – dwars vassit en al die verkeer ophou terwyl stootskrapers sukkel om dit te bevry.

Die klein sleepbote en stootskrapers wat so naarstiglik die reusetaak probeer voltooi, het natuurlik internet-gebruikers vreeslik aan die spot gehad. – NDTV

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters