Verlede maand
Vet fine vir fake fans
VIR POPPE GEVAT: Die sekspoppe pleks van toeskouers by FC Seoul se match het mense warm onder die kraag.  ~ AFP

SEOEL. – Trek aan jou spykerskoene, want die fans wag ...

Een van Suid-Korea se topsokkerklubs, FC Seoul, het ’n moerse fine gekry nadat hy “on­wetend” sex dolls gebruik om ’n paar seats by ’n game in ’n stadion vol te maak.

Volgens AFP het die sokkerbeheerliggaam K-League die klub geklap met ’n rekordboete van 100 miljoen won (sowat R1,5 miljoen).

Beamptes van die K-League sê die klub het hul female en family fans diep seergemaak.

As gevolg van die corona-virus-pandemie mag toeskouers nie games­ bywoon nie. Toe besluit die klub om by Sondag se match dosyne van die dolls rondom die veld in die seats te “ontplooi”. Die dolls het egter T-shirts aangehad of plakkate vasgehou met die logo van die sex toy-vervaardiger op.

Die storie het viral gegaan en die oë van mense oor die wêreld heen bereik.

Nadat hulle die saak bekyk het, het K-League FC Seoul se verskoning aanvaar dat hulle nie geweet het die goed is sex toys nie.

Bohaai

In die klub se defence: Hulle het gedog hulle gaan gewone mannekyne kry.

Die liga het Woensdag in ’n verklaring gesê die bohaai rondom die ding het vroulike fans diep seergemaak en die integriteit van die liga beskadig.

En toe klap hulle die klub met daai moerse fine. Die klub het die besluit aanvaar, om verskoning gevra en belowe dat so iets nooit weer sal gebeur nie.

Luidens gerugte het die sex toy-ouens die K-League-mense genader om hul stadions free of charge te vul en só het hulle by FC Seoul uitgekom.

Die league se nuwe seisoen het op 8 Mei sonder enige toeskouers afgeskop nadat dit weens die pandemie vir twee maande uitgestel is.

Klubs het karton-cutouts, plak­kate en baniere gebruik om seats te vul. Een ou wou weet wie se bright idee die poppe was. Nog ’n fan sê FC Seoul het die stadion ’n X-rated zone gemaak.

Al dié drama het FC Seoul se 1-0-sege oor Gwangju oorskadu.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters