9 maande gelede
Van sy klip af?
Lil Uzi Vert
Lil Uzi Vert  ~  Mike Coppola / Staff

LIL Uzi Vert is so mal oor bling, hy het ’n pienk diamant in sy voorkop laat inplant.

Die Amerikaanse rapper het getwiet hy’t vier jaar afbetaal aan die natuurlike diamant van $24 miljoen (meer as R358 miljoen).

Dit het ’n storm ontketen toe Lil Uzi Vert (26), wie se regte naam Symere Bysil Woods is, onlangs ’n foto van sy inplanting op Instagram deel met die byskrif: “Beauty is pain.”

Binne twee dae is 13 miljoen keer daarna gekyk en meer as 87 000 kommentare is gelewer. Hy sê die diamant is die duurste bling wat hy tot nog toe aangeskaf het. – NDTV

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters