2 maande gelede
Uganda se Bobi ingeperk
ROOI BARET: Bobi Wine in Julie by ’n betoging.Foto: dispatch.ug  ~ 

BOBI Wine (36), ’n popster van Uganda wat politikus gedraai het, kry dit hotagter.

Hy word in ’n staats­hospitaal in Kampala aangehou nadat hy verhinder is om ’n vlug Amerika toe te haal.

Hy wou daar behandeling kry nadat hy in aanhouding gemartel is, sê sy lawyers.

Wine, oftewel Kyagulanyi Ssentamu, is Donderdag op die Entebbe-lughawe gekeer. Sy lawyer, Asuman Basalirwa, sê die cops het nie ’n rede gegee vir sy aanhouding nie.

Dié voorval kan beskou word as ’n botsing tussen pres. Yoweri Museveni, wat al 32 jaar aan die mag klou, en ’n jonger generasie, wat meer vryheid soek. – AFP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters