3 maande gelede
Uefa soek nie reënboogkleure by stadion
Uefa het die Allianz Arena se versoek geweier.  ~ Foto ter illustrasie: iStock

DIE sokkerliggaam Uefa het 'n versoek geweier om die Allianz Arena met reënboogkleure te belig ter ondersteuning aan die LGBTQ+-gemeenskap.

Die Duitse sokkerspan het die gebaar beplan vir hul Euro2020-wedstryd vanaand teen Hongarye.

Die versoek is deur Dieter Reiter, burgemeester van München, sowel as die stadsraad van München asook LGBTQ+-groepe aan Uefa gerig. 

Dit kom nadat Hongarye nuwe wetgewing goedgekeur het wat gay-mense verbied om in opvoedkundige inhoud vir leerders of TV shows vir onder 18's te verskyn.

Luidens Deutsche Welle het Uefa gesê die gebaar sou 'n "politieke stelling" wees en het dit geweier.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters