9 dae gelede
Twee dalk onwetend porn stars
 ~ 

’N COUPLE het hulle verblyf in ’n Airbnb flat in Kanada kortgeknip toe hulle ’n kamera ontdek in ’n wekker wat wys na die bed waarin hulle seks.

Dougie Hamilton (34) van Glasgow het vir die Skotse koerant Daily Record vertel die kamera was met ’n draad soos dié van ’n foon-charger met die digitale clock verbind.

Hy vermoed daar is video’s van hom en sy girlfriend gemaak.

Hamilton het eers vir ’n rukkie na die wekker gestaar omdat dit so weird gelyk het.

Dopgehou

Hy het gedink hy is miskien net dof, maar toe het hy tog ondersoek ingestel.

Toe hy die charger verwyder, sien hy ’n litiumbattery aan die agterkant.

Toe hy die wekker se voorkant afhaal, sien hy die kamera daar sit!

Die couple wonder nou of die eienaar van die plek hulle heeltyd dopgehou het.

Dit was net te creepy en hulle wou beslis nie langer daar bly nie. – Bild, Daily Mail, Daily Record

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters