2 maande gelede
Trump verras met brief
Donald Trump  ~ Getty Images

AMERIKA se president, Joe Biden, het Woensdag aan verslaggewers gesê die uittredende president, Donald Trump, het by die jarelange tradisie gehou en ’n “baie ruimhartige” brief vir hom geskryf.

Trump se woordvoerder, Judd Deere, het die nuus bevestig.

Biden sê die brief is privaat en hy sal nie daaroor praat voordat hy met Trump self gesels het nie.

Die feit dat Trump by die tradisie gehou het, is vir baie verrassend, siende dat hy so baie tradisies in sy laaste dae as president verbreek het.

Hy het natuurlik geweier om Biden se inhuldiging by te woon. NDTV

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters