7 dae gelede
Trump ‘van sy trollie af’
koppie raas! Nog ’n Donald Trump-oomblik wat die wêreld skok. Foto: GETTY IMAGES  ~ 

PRES. Donald Trump van Amerika is volgens talle sielkundiges van sy trollie af en hy hou ’n bedreiging vir wêreldvrede in.

Meer as 18 000 gesiene shrinks wêreldwyd het in 2017 al ’n petisie onderteken wat lui dat Trump mentally ongeskik is om die president te wees.

Die grootbek-boelie met die weird hairdo ly volgens sommige shrinks aan kwaadwillige narcisme. Hy is ’n kompulsiewe leuenaar en voel vere vir ander mense. “Die gevolge kan katastrofaal wees.”

In sy jongste boek, Rocket Man: Nuclear Madness and the Mind of Donald Trump, skryf prof. John Gartner dat Trump al hoe sielsieker raak.

Hy bevind hom nou “op die grens tussen psigose en die realiteit”.

Noord-Korea se diktator is alles wat Trump bitter graag sou wou wees – ’n despoot met geen hindernisse teen sy persoonlike en politieke mag nie.

Soos Kim Jong-un, met sy ewe weird hairdo, wil hy sy opponente behandel nes hy wil. En om nes Kim soos ’n god behandel te word – ’n diktator sonder brieke …

Sommige psigiaters reken Trump is ’n teksboek-geval van minstens twee ander ernstige geestestoestande: antisosiale persoonlikheidsafwyking en paranoïese persoonlikheidsafwyking.

Dis wanneer mense orals bedreigings sien wat nie bestaan nie. Hy’s ook ’n sadis wat graag mense pynig wat hy dink ’n bedreiging inhou.

Maar het ’n mens regtig ’n sielkundige nodig om jou te vertel Trump is crazy? vra prof. Jonathan D. Raskin. “Gewone mense is heeltemal in staat om self te besluit.”

  • Bronne: Project Syn­dicate. Exploring Yourmind. Psychology Today. ShrinkTank.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters