3 maande gelede
Trump praat ná 2 ministers bedank
donald trump
Pres. Donald Trump van Amerika.  ~ Jim Bourg/Reuters

DIE enigste twee vroue in Donald Trump se kabinet sê na die gebeure by die kongres dié week kan hulle nie langer aanbly in hul poste nie.

In 'n brief aan die Amerikaanse president skryf sy minister van onderwys, Betsy DeVos, kinders "kyk op en leer van ons".

"Daardie gedrag was onmenslik vir ons land. Daar is ook geen fout op die impak wat jou retoriek op die situasie gehad het nie, en dit is die breekpunt vir my."

Haar kollega die minister van vervoer, Elaine Chao, beskryf die gebeure as traumaties en uiters vermybaar.

Dit het haar so onrustig gemaak, sy kan dit nie as net niks afmaak nie, sê sy.

Talle Demokrate voel die twee moet pleks van bedank liewer saam gewerk het om Trump te onsetel deur die 25ste wysiging van die Amerikaanse grondwet te implimenteer. Die wysiging gee magting dat die meerderheid van die kabinet mag stem om die president te onsetel sou hy onbevoegd wees om te dien.

Intussen het pres. Donald Trump sy stilte verbreek en hom verbind tot 'n ordelik magsoordrag.

In 'n video op Twitter veroordeel hy ook die dade van die mob by die kongres.

Trump sê: "Die oomblik vra vir genesing en versoening. Ons is pas deur 'n intense verkiesing en emosies loop hoog, maar gemoedere moet nou afkoel en ons kort kalmte.

"Daar sal op 20 Januarie 'n nuwe administrasie ingehuldig word. My fokus is nou op 'n smooth en orderlike magsoorhandiging." 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters